Die regte Willemina Morkel

Hoewel mens alles moontlik doen om foute in ’n boek te vermy, kruip hul tog maar in – en ons boek is geen uitsondering nie. ’n Foto van Katriena Schreuder verskyn op bladsy 164, maar verskyn weer op die volgende bladsy, die keer waar Willemina Morkel se foto moes gewees het. Die regte foto van Willemina Morkel verskyn hier. Ons vra verskoning oor die fout, en sal dit regstel indien die boek herdruk word.